top of page

Van die behandelings wat gedoen word

 
Bio-Elektromagnetiese Terapie (BET)
In BET behandelings word elektriese impulse deur die persoon se liggaam gestuur om die genesingsproses te bevorder en om die immuniteitstelsel te heraktiveer.  Dit is 'n pynlose proses waar die werking van al die liggaamsorgane getoets en behandel word
 

Quantum Magnetic Analyzer (QMA)

Met die QMA behandeling word liggaamselle gestimuleer en hereaktiveer vir 'n sterker en gesonder liggaam.  Die QMA is wetenskaplik bewys en is gebaseer op die gekontroleerde gebruik van die kwantum resonansie velde binne die liggaam.

 

 

Elektro-Akupunktuur

Elektro-Akupunktuur is die term wat gebruik word wanneer daar verwys word na die toediening van elektriese impulse vanaf 'n naaldvrye toestel. EA word toegepas op spesifieke meridiane binne die liggaam.  Hierdie vorm van behandeling word alreeds vanaf die 1800's in Frankryk en Italie deur geneeshere gebruik.

 

Ioniese Detoksifisering
Die eeu-oue beginsel van refleksiologie en die wetenskap van ionisering word in hierdie behandeling gekombineer. Die doel hiervan is om afval-en toksiese stowwe uit die liggaam te verwyder. Dit word gedoen deur gebruik te maak van water (vir die osmose proses) en 'n toestel wat positiewe ione vrystel vir opname deur die voete.
 

Ander dienste en behandelings:

 

*  Bloeddruk meting

*  Tong Analise

*  Masserings Terapie

*  Berading 

*  Ontspannings Terapie

*  NAET Allergie Toets

*  Sinus Terapie

*  Elektro-Stimulasie Terapie

© 2023 by Natural Remedies. Proudly created with Wix.com

  • b-facebook
  • Twitter Round
  • b-googleplus
bottom of page